KLUB GOOSE
se naweek
KLUB
GOOSE
se naweek
Goose
Vir tannie Deonette & tannie André

Baie dankie!

Liewe Deonette en André,

Baie, baie dankie dat julle na Goose kyk sodat ons die troue kan geniet. Dit gee ons soveel rus om te weet hy is by familie wat hom lief het.

Hier is alles oor sy dag: wanneer hy eet, slaap en speel, en die goed waarvan hy hou. Moenie stres as dit nie presies volgens die horlosie gaan nie. Drukkies en liefde is die belangrikste.

Liefde, Minette

En van Goose: Dankie tannies! Ek belowe ek sal (meestal) mooi slaap. En as ek honger is, sê ek vir julle happie!
Kortliks

Goose in een oogopslag

Enige vrae of bekommernisseBel eers vir Minette, dan vir Louis
Ouderdom20 maande
AllergieëGeen
MedisyneGeen
MelkNet bokmelk (ons bring)
SonskermElke dag, veral sy gesig
TroosSy knuffels
Roetine

Goose se dag

Kies die dag. Tik op enige tyd vir meer besonderhede.

  1. Hy kry dadelik sy bottel bokmelk sodra hy wakker word. Warm dit in die mikrogolf tot dit net louwarm is.

    Daarna speel hy 'n rukkie in sy kamer.

    Skud die bottel goed en toets op jou pols. Die mikrogolf verhit ongelyk.
  2. Altyd dieselfde: Woolies-oats met bevrore frambose, warm gemaak op die stoof, met 'n hoogvol eetlepel jogurt deurgeroer. Hy smash dit graag, maar hy het hulp nodig om genoeg in sy mond te kry. Voer hom gerus.

    Sien die resep ↓

    Hy eet ook graag uit jou bak as jy ontbyt eet. Gee 1 koppie water in 'n oop koppie.

  3. 'n Halfuur tot 'n uur na ontbyt. Hy is mal oor aarbeie, mango en pynappel. Peer en piesang is ook goed.

  4. Hy is mal oor musiek en enigiets wat geraas maak. Op die oomblik ry hy graag fiets, en hy bou (en breek!) graag met sy magneetblokkies.

    Sonskerm op voor hy buite gaan, veral op sy gesig.
  5. Ons bring sy kampkot (met die donker tent), bokmelk, kos, doeke, room en sonskerm saam. Ons bly totdat hy aan die slaap is.

  6. Mikrogolf 1 min 30 s. Warm net op tot louwarm, roer goed en proe self eers die temperatuur. Help hom om te eet. Gee 1 koppie water in 'n oop koppie.

  7. Doek omruil, slaapsak aan, knuffels in die kot, donker tent toe en die witgeraas-masjien aan. Sit hom in die kot en loop uit. Hy raak self aan die slaap.

    Sien die slaap-stappe ↓

  8. Hy sal wakker word by julle. Dis heeltemal normaal as hy 'n bietjie onseker is. Gee hom sy knuffel en 'n drukkie.

  9. Tussen 15:00 en 15:30, sodra hy wakker is.

    • Drinkjogurt: gewone jogurt gemeng met 'n bietjie bokmelk. Soms gooi ek 'n vrugtepuree by.
    • 'n Cracker met hummus, maaskaas of roomkaas.
    • 'n Stukkie groente, bv. soetrissie.
  10. Hy is mal oor buite wees. Hou hom net altyd weg van die swembad af, en sit sonskerm weer aan.

  11. Roereiers met toast en 'n bietjie groente, bv. komkommerstokkies. Help hom om te eet.

    Plan B: wil hy nie eet nie, gee hom gewone jogurt. Dit eet hy amper altyd. 1 koppie water in 'n oop koppie.

  12. Dieselfde as die oggend, net kleiner. Skud goed en toets op jou pols.

  13. Na die bad: tande borsel, room aan, pajamas aan.

    Los hom nooit, nie eens vir 'n oomblik nie, alleen in die bad nie.
  14. Net soos die middagslapie: hy gaan wakker in die kot en raak self aan die slaap.

    Sien die slaap-stappe ↓

  15. Ons kom waarskynlik so teen 11:00. Ons laat weet as dit verander.

Kos

Wat Goose eet

Hy probeer self eet, maar kry nie altyd genoeg in sy mond nie. Help hom en voer hom gerus by elke ete. Dit word deurmekaar, en dis reg so. Water in sy bottel deur die dag, plus 1 oop koppie water by elke ete.

Bokmelk

200 ml in die oggend, 120 ml in die aand. Louwarm in sy Lansinoh-bottel. Ons bring die melk en sy bottels.

Net bokmelkLouwarm
Woolworths Full Cream Goat's Milk, 1 literGoose se Lansinoh-bottel

Ontbyt: framboos-oats

'n Bak pienk oats met frambose

Elke oggend dieselfde. So maak ons dit:

  1. Warm die helfte van die Woolies-oats-sakkie in 'n kastrol op die stoof.
  2. Gooi die bevrore frambose by en wag tot hulle ontdooi het.
  3. Meng alles deeglik deur.
  4. Sodra alles lekker warm is, haal dit van die stoof af en roer 'n hoogvol eetlepel jogurt deur.
Laat dit afkoel tot louwarm. Hy smash dit graag, maar help hom om genoeg in sy mond te kry.
Woolworths Steel Cut Wholegrain Oats
OatsWoolworths, ½ sakkie
Früzo Raspberries
Bevrore framboseFrüzo
Woolworths Greek Style Full Cream Plain Yoghurt
Gewone jogurt1 hoogvol eetlepel

Vrugte

'n Halfuur tot 'n uur na ontbyt: 'n heel vrug, enige soort behalwe appel.

Aarbeie
AarbeieSy gunsteling ♥
Mango
MangoSy gunsteling ♥
Peer
Peer
Piesang
Piesang
Aarbeie ♥Mango ♥Pynappel ♥PeerPiesangNie appel nie

Middagete

'n Klaargemaakte Woolworths Kids-maaltyd, soos een van hierdie. Mikrogolf vir 1 min 30 s, roer goed, laat afkoel tot louwarm en proe self eers. Help hom om te eet.

Woolworths Kids Butter chicken
Butter chickenHoender in 'n sagte romerige sous met basmatirys
Woolworths Kids Hoenderpastei
HoenderpasteiHoender in romerige sous met groente-kapokaartappel
Woolworths Kids Spaghetti bolognese
Spaghetti bologneseVars spaghetti met beesmaalvleis
Ons voorsien+ 1 koppie water

Aandete

Roereiers met tamatiesous, toast en komkommerstokkies op 'n bord

Roereiers met toast, soos op die foto. Sny die toast in repies en help hom om te eet.

RoereiersToastKomkommer+ 1 koppie water
Woolworths Greek Style Full Cream Plain Yoghurt
Plan B: jogurt

As hy nie sy roereiers wil eet nie, sy toast gooi of glad nie wil eet nie, gee hom 'n bakkie gewone jogurt. Dit eet hy amper altyd.

Middag-peuselhappie

Drinkjogurt, 'n cracker met roomkaas en soetrissie-repies op 'n bord

Drinkjogurt: gewone jogurt gemeng met 'n bietjie bokmelk, soms met 'n vrugtepuree by.

'n Provita-cracker met hummus, maaskaas of roomkaas, en 'n stukkie groente, bv. soetrissie.

HummusMaaskaasRoomkaasSoetrissie
Woolworths Greek Style Full Cream Plain Yoghurt
Gewone jogurtWoolworths Greek Style
Woolworths Full Cream Goat's Milk
BokmelkWoolworths
Kiri Medium Fat Cream Cheese
RoomkaasKiri
Bakers Provita Original Wheat Toast Crackerbread
CrackerProvita

Water

Sy waterbottel byderhand, en 1 koppie in 'n oop koppie by ontbyt, middagete en aandete. Ekstra water as dit warm is.

Slaap

Goose gaan slaap

Hy is slaap-opgelei en raak self aan die slaap in sy kot. Tik op elke stap as jy dit gedoen het.

Middagslapie · 12:30

Bedtyd · ± 19:00

As hy in die nag wakker word

  1. 1Wag 2 minute
  2. 2Tel hom op en troos hom
  3. 3Knuffel in sy mond
  4. 4Terug in die kot

As dit baie warm is, slaap hy net in sy doek. Andersins in sy 0.5 tog-slaapsak.

Wie hy is

Wat Goose lief het

Musiek

En enigiets wat geraas maak

Sy fiets

Sy gunsteling op die oomblik

Magneetblokkies

Hy breek dit graag af

Buite wees

Met sonskerm en 'n hoed

“Head, Shoulders, Knees and Toes”

Sy gunsteling liedjie

Juffrou Linky

Net as dit 'n moeilike tyd is · Kyk op YouTube

Goose se woorde

Hy praat Afrikaans. Tik op 'n woord om te sien wat hy bedoel.

As dit moeilik gaan

  • As hy gefrustreerd is, gooi hy dinge. Dis normaal vir sy ouderdom. Bly rustig en gee hom iets anders om mee te speel.
  • Sing “Head, Shoulders, Knees and Toes” saam met hom.
  • Gee hom sy knuffel of vir bobbi.
  • Juffrou Linky op YouTube help as niks anders werk nie.
Veiligheid

Hou Goose veilig

Water

Nooit alleen in die bad nie. By die swembad is daar altyd 'n grootmens langs hom, en hy kom nooit alleen naby die swembad nie.

Trappe

Hy wil graag trappe klim. Hou die trappe toe of bly by hom.

Klim

Hy klim op alles. Hou 'n oog op stoele, banke en rakke.

Son

Sonskerm elke dag, veral op sy gesig. Ons bring dit saam.

As hy koors kry

Bel eers vir Minette. Ons kan hom 'n 240 mg paracetamol-setpil gee. Ons pak dit saam in sy sak.

EersteMinette
TweedeLouis
Ambulans10177
Privaat: ER24 084 124